Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, January 28, 2011

Is daar nog?

Noorsveld en ander gedagtes 1: die nommer in die titel dui aan dat hierdie die eerste aflevering was - is daar nog?

Thursday, January 27, 2011

TINKELJANDER WIL HÊ...

...ons moet ook hierna gaan luister:


http://www.deezer.com/en/music/koos-du-plessis#music/koos-du-plessis


As Almal Ver Is: Onthou Jy Nog...

...EN NATUURLIK...

...onthou Laurika Rauch ook:


http://www2.mp3raid.com/search/download-mp3/21097153/laurika_rauch.html

Op die skakel moet die "terme en voorwaardes" aanvaar word, die kode ingevul word en dan "aflaai en luister" gekliek word.

ESTHER ONTHOU OOK

---------- Forwarded message ----------
From: Esther Feltoe
Date: 2011/1/25
Subject: RE: OM TE ONTHOU OF NIE TE ONTHOU NIE...
To: pearsonarium@googlegroups.com

Liewe land, Petrus, hoe laat jy MY nou skoon met 'n Cheshire-kat grinnik op my gesig hier sit!

Net die strate se name, en die mense wat ek as kind geken het (Alberts gesinne, tandarts, die kinders wat saam met ons in Newton Laer was)!

Ek kan onthou hoe my broers (7 en 5 jaar ouer as ek) kaskarretjies gemaak het uit ou pram chassies uit en hoe ons dit by die bult af in 6de laan (ons het op die hoek gebly, 'n blok van die Kochs af) gery het, en dan om die draai geswaai het en in ons karre se driveway in by ons huis. 

...En hoe ons kinders, wat in die onmiddellike omgewing bebly het, saans in die Somer speletjies op die sypaadjies gespeel het soos touchings, en blinde mol en span-speletjies wat ek nie eens dink name het nie.

Wat 'n jammerte mens kan nie weer teruggaan na daardie tyd toe nie!
 

Tuesday, January 25, 2011

OM TE ONTHOU OF NIE TE ONTHOU NIE

DAG NORMAN, DEON, TONIE

Nou kom beneuk julle my nuwejaarsvoornemens behoorlik met julle gefilosofeer; ek het my voorgeneem om meer aandag aan my virtuele pligte te gee met die Noorsveld- en ander gedagtes, maar julle trek my aandag af.

Ja, Norman, ek dink ook 'n mens kán té filosofies raak, maar ek dink nie 'n mens kan ooit te veel filosofeer of onthou nie.
Só onthou ek dat ons mekaar vóór st 6 ontmoet het toe ons nog te Pickeringstraat 35, Newtonpark gewoon het, reg agter Deon-hulle en oorkant ons het die tandarts, dr Hartman (ek dink ek het vroeër 'n fout gemaak), en die bou-aannemer Alberts (broer van dr Louw Alberts, voordat hy beroemd was) gewoon.
Jou  Ma het saam met jou en jou suster (Gail?) by oom Ben en tannie Hester(?) en Pop Burger langs ons kom kuier en dáár het ons ontmoet. Jou Pa was nie by nie en ek het gedink dat hy al oorlede was. Ek dink jy wou tóé al 'n vlieënier word terwyl ek toe nog net in karretjiespeel belang gestel het.

Ek en my jonger broer, Chris, het uitgestrekte "Noorsveldplase" onder die Pickeringstraatse silwerblaar-, piesang- en ander bome aangelê en karretjiespeel tot 'n fyn, beeldende kuns verhef.

Ek herinner my ook dat Deon en sy broers (Anton en Christo) nie sulke groot karretjiespelers was nie, maar dat hulle knaend besig was om goeters te maak, of met windbukse, of om ondergrondse huisies te grawe, of om molle met formalien in te spuit...'n bietjie soos James Koch, wat saam met my in Newton was, en sy drie broers (Chris, Eric en Theo) wat op die hoek van Vyfdelaan en Mangoldstraat gewoon het.
...en so tussen al die bedrywighede deur was daar ook nog Deon-hulle se altoos-glimlaggende, kortstert-, korthaarhond, waarvan die naam Perri/Perry in my kop opkom. (Daai tyd is honne se name nooit geskryf nie en het hulle ook nie vanne gehad nie, behalwe as hulle veearts-toe is...)

My eie ervaring is dat 'n mens nie veel moeite hoef te doen om mooi of goeie herinneringe te bewaar nie; ek het die indruk dat álle herinneringe later 'n goue randjie kry, maar dit hou miskien verband met my beskouing dat DNS/DNA niks anders is nie as
vleesgeworde onthou.

Norman, as jy en Ma-Riaan lus is om in April vinnig weg te glip, ons woon net oorkant die kanaal...

Groete

Petrus 

NOG KORRESPONDENSIE

1.---------- Forwarded message ----------
From: Alex van der Walt
Date: 2011/1/21
Subject: Re: NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 1
To: pearsonarium@googlegroups.com


Ek sal graag wil weet of iemand ooit weer iets van  Johan Jansen gehoor het? Hy het ons einde Std 8 verlaat sover ek kan onthou. Alex.

2.---------- Forwarded message ----------
From: Piet & Sharon Nell
Date: 2011/1/23
Subject: Re: NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 1
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>



 
Naand Petrus
 
Sondagaand in die Baai - my tyd vir myself!
 
Jy praat van skooltyd se herinneringe, dit is ons matriekklas se veertigste "anniversary" hierdie jaar. Het Pearson soortgelyke planne en indien wel, beplan jy om te kom? Kan jy ook asseblief Marietjie Visser se e-pos adres aanstuur (met haar toestemming, indien nodig)?
 
Hoogtepunte die jaar is my dogter se troue en ons (jaarlikse) oorsese reis - ons besoek Prague, Salzburg, Istanbul en Athene in Junie.
 
Groete,
Piet.

3.---------- Forwarded message ----------
From: Dr Deon Doubell
Date: 2011/1/24
Subject: RE: NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 1
To: pearsonarium@googlegroups.com
Cc: Alex van der Walt , SusanL


Beste Alex,Petrus en Almal,
Ek het net gister deur die Noorsveld,daar by Jansenville en Waterford, gery.Goeie reens gehad en lyk baie mooi.
Die noorsveld het n vermoe om n mens te laat terugdink.Mis oom Freek en die mense.
WatJjohan Jansen betref. n Hele klompie jare gelede het hy my gekontak. Hy wastterug in PE as streeksbestuurder by n bank. Ons het gaan braaie by hulle en sy familie ontmoet. Sy seun is net soos hy.n Bul wat net oor jag en visvang gesels. Nogaal aan hom gedink toe julle van Groenbossies praat.
Het niks van julle terug gehoor wat die Reunie betref nie.
Datums 6,7 Mei.
Vrydag aand skemerkelkie by Pearson tennisklubhuis,Saterdag dinee by die skool saam met ander Reunie klasse.
Susan Pretorius voorsirtster,Pierre Knoesen tesourier,sekretaris,caterer en ek adisionele lid. Sal so bietjie terugvoer waardeer!
Beste wense,
Deon

4.---------- Forwarded message ----------
From: Norman Minne
Date: 2011/1/24
Subject: Reunie
To: pearsonarium@googlegroups.com


Hallo Almal,

Deon, ek en Mariaan vlieg 20 Apr Londen toe om vir ons dogter en skoonseun te kuier en land eers weer terug op 2 Mei.  Ek is bevrees dat ons nie weer daardie naweek sal kan wegkom PE toe nie.  Ek is baie jammer daaroor, want ek het geweldig uitgesien na die reunie.  Hierdie reis van ons is eers ‘n week gelede gefinaliseer agv planne van my dogter hulle wat deurmekaar gekrap was.  Ek en Mariaan het die tyd saam weg baie nodig.  Ons sal laat weet as ons weer PE toe kom en kyk of ons so paar van julle locals te siene kan kry.

Petrus, ek is dit roerend eens tov die kwessie van onthou.  Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek die belangrikheid van onthou.  Jou gevoel van eiewaarde word tog ook bepaal deur dit wat jy onthou.  Is jy trots op wie en wat jy is en hoe jy daar gekom het????  Voorts het my seun se ongeluk my ook laat besef dat onthou al is wat jy oor het na so tragedie.  Dan wil jy beslis hê die onthou moet mooi en goed wees.  Ek dank die liewe Vader so baie vir die goeie herinneringe wat ek van Riaan het.  Dit plaas dan ook die onus op ons om in die hede so te leef dat die herinneringe en onthou wél goed sal wees.  Ons besef seker dat ons almal soms onbesonne of plein stupid oe ouer mens word hoe meer besef jy daHwas as kinders, dus aanvaar ons daardie herinneringe hopelik met ‘n glimlag.

Nou ja, laat ons nie té filosofies raak nie.

Groete aan almal,

Norman  

Saturday, January 22, 2011

OM TE ONTHOU

DAG TONIE

Jy het miskien opgemerk - of dalk nie - dat die subteks onder die Skoollied en -wapen op die tuisblad van die groep is: Om ons te herinner dat ons nie uit die niet verskyn het nie

Om te onthou is vir my dus allesbehalwe 'n kruis en soveel meer as 'n plesier. 
Ek gaan  só ver as om te sê dat dit verkeerd is om te beweer: Ek dink, daarom ís ek, maar eerder: Ek onthou, daarom ís ek...vra maar net vir Ria wat ons deurlopend aanspoor om memories te maak.

Selfs die herinnering dat jy en jou Pa stroomop met mekaar was, maak van jou die mens wat jy vandag is.
Wat (natuurlik) hiermee gelykstaan, is dat dit ook verkeerd is om te beweer: Ek ís wat ek eet 
Dít moet lui: Ek ís wat ek (ge)lees (het)

Met onthou, herinneringe en herdenking word (die) lewe nie net geskep en gevorm nie, maar in stand gehou, herskep en selfs uit die (oënkynlike) dode opgewek, of waarom dink jy is die Day of Remembrance só belangrik vir die Engelse (selfs die ou kween lyk effens humble wanneer sy die krans by die senotaaf lê!) - met ons ondervinding daarvan in Pearson se quad, moes ons dit eintlik heeltemal by hulle oorgeneem het.

Groete

Petrus

Thursday, January 20, 2011

VIR DIEGENE WAT NIE LID IS VAN PEARSONARIUM NIE

Ek het die volgende briefie van Antonio Els af ontvang:



Hallo Petrus


Dankie dat jy die ervaring met ons gedeel het- dit moes baie spesiaal gewees het- het nie  of kan nie sulke
kinder ervarings of  volwasse ervarings onthou nie- ek en my Pa was seker maar te stroomop met mekaar
gewees. Maar ek kan onthou van kleilat gooi en by Groenbossies inry teater(veldfliek) in die veld te le en kyk
na ‘n film waarvan ek nie die naam kan onthou nie- was te bang- was die naweek by Johan Jansen daar op
die kleinhoewe waarop hulle gebly het en as ek reg onthou was Alex en Deon ook saam- onthou begin
of ‘n kruis of ‘n plesier word.


Tonie

NOORSVELD- EN ANDER GEDAGTES 1

MY LIEWE NEEF, NIGGIE
 
Aangesien my skooltyd heelwat ter sprake kom, stuur ek dié gedagtes nie net aan julle nie en boekstaaf ek dit in paaiemente...
 
My besoek aan die Vaderland gedurende Meimaand verlede jaar, was nie net 'n feitesending nie, maar 'n eksistensiële ervaring - van die dou-voor-dag uitstappies in die droë rivierloop saam met Miss Molly, die Skotse tefie, tot die Meer- intieme kennismaking met Mev. -Kat!
 
Saam met eersgenoemde kon ek vasstel dat 'n ekologiese verandering hom binne die bestek van óns geslag in die Noorsveld voltrek het, naamlik dat die willetwaksbome verdwyn het - daardie pioniersplante met die wetenskaplike naam Nicotiana glauca .
Kan julle nog onthou hoe ons dit op groot skaal afgebreek het wanneer ons as kinders saam met my oorlede Pa gaan stap het en dan letterlik stokperdjies daarvan gemaak het? Hoe ons dan willetwaksboom-tussen-die-bene in die grondpad afgehol het dat die stof so staan; en die plaashonne wat jou in hul opgewondenheid pootjie dat jy jou knieë nerf-af val en volronde, donker bloeddruppels strepe oor jou stowwerige maermerries trek, net om gulsig deur die einste honne afgelek te word want destyds was Dettol en 'n hond se lek die beste ontsmetting vir 'n seerplek.
 
Nou ja, van dié willetwaksbome was daar nie meer 'n enkele een te bespeur nie en ek wonder natuurlik of ons kinderlike verwoestingsdrif nie bygedra het tot 'n kleiner biodiversiteit nie...
Nie dat dit juis saak maak nie, want die willetwaksbome was in elk geval uitheemse plante.
 
Groete
 
Petrus