Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, January 22, 2012

VOORTGESETTE DIALOOG

Dis Als


Dis die mond
dis die klank:
dis die pen,
dis die woord;
en gedagtes vorm traag in geslote oord -
dis als...


Dis 'n pionier wat trek
oor berg en vallei,
dis met val en opstaan,
dis 'n volk om te lei -
dis als...

1 comment:

  1. Dit het my nog altyd verstom hoe mens só baie met só min woorde kan sê. Dankie.

    ReplyDelete