Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Thursday, June 7, 2012

SONDER OPSKRIF

---------- Forwarded message ----------
From: Henriette 
Date: 2012/6/7
Subject: Fwd: FW: PlaasJapie
To: pearsonarium@googlegroups.com

Hallo Petrus,
Ek ken nou nie vir Jelleke nie, maar as dit 'n persoon is vir wie jy 'n hoe agting het, moet jy miskien maar onderstaande epos aanstuur as 'n "waarskuwing"  aangesien dit vir my klink of
die riolering stelsel baie spesifiek - alhoewel nie noodwendig tegnologies gevorderd - is nie. Ek is egter heeltemal seker dat ek dieselfde "stoeltjie" op een van die fotos gesien het..........

Groete
Henriette
--------------------------------------------------------

My liewe Henriette, jou naam nou 'n deelteken of nié?

Jy wíl mos spot met plaasjapies - nou sal jy dit moet ontgeld en nog een van my simpel stories lees:

Dit was aan die einde van 1979, net voor ek vir die eerste keer by my toekomstige vrou, Ingrid, in België kom kuier het.
Ek was op besoek by die óú 1 Militêre Hospitaal in Voortrekkerhoogte en moes dringend die Jood betaal - soos Frans Prins, ons mediese offisier op Mahanene altyd gesê het (het jy hom geken Alex?).

Nou, as 'n mens inkom by die hoofingang van die ou 1 Mil. was daar enkele geriewe vir besoekers regs van jou en ek bestorm die-eerste-die-beste een, begin broek losmaak en wil net gaan sit toe ek opmerk dat dié troon 'n kraan het en 'n rooster oor 'n afloop die grootte van 'n wasbak s'n.

Ofskoon die nood hoog was, het ek die teenwoordigheid van gees behou om my self af te vra hoe ek van die evidence gaan ontslae raak... Selfs onder dié groot druk het ek nie dáárvoor kans gesien nie en maar weer broek vásgemaak en 'n ordentlike plek gesoek om te deponeer.

Enkele dae later was ek in België en toe ek op 'n aand by Ingrid se broer , Johan en sy vrou Ronell is, gaan stap ons en doen window shopping - waaronder, so terloops, die mense hier iets totaal anders verstaan as ons - maar, nietemin, ek en Ronell gaan staan toe voor 'n winkel wat badkamergerief verkoop en, jou wrintiewaar, daar staan presies die gerief wat enkele dae gelede my gat se deksel was!

Ek is ietwat oorstelp van opwinding, want nou kan ek my (latere, voormalige) skoonsuster (wat ek pás ontmoet het) vra watvoor ding is dit - sy't gesê sy weetokkie... en haar pa was tog 'n onderwyser!

Henriette, terwyl ons nou terug by skool is: ek herinner my dat ons by geleentheid 'n opstel oor "ideale" moes skryf en toe het jy met die revolusionêre gedagte gekom dat ideale per definisie onbereikbaar moes wees, anders is dit nie regtig ideale nie - huldig jy nog steeds dié mening?

...en die ander?

Liefde 

P

naskrif: jou prentjie het nie uitgekom nie, maar ek het hom opgespoor:

  

No comments:

Post a Comment