Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, October 31, 2012

DIE RUS IS ELDERS


Repos ailleurs 

In die eensame veld
staan 'n tentjie klein,
en daarnaas in die skeemring
skuif die ligtende trein;
ek sien in die tentjie,
deur die oop gordyn,
'n tafel met bordjies
en glasies fyn,
wat sag in die lig
van die kersie skyn,
en ek dag: 'Was ek net
in die tentjie klein,
ek sou tog so gelukkig syn.'

Naas die eensame tent
staan 'n meisie klein,
in stomme bewond'ring
van die ligtende trein;
sy sien my geniet
my glansende wyn
en kost'like maal
by elektriese skyn;
en ek raai die gedagte
van die meisie klein:
'Ag, was ek maar net
in die vrolike trein,
ek sou tog o so gelukkig syn'. 
[TOTIUS]

No comments:

Post a Comment