Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, December 16, 2013

EK IS NIE HIER OM DIE KAALGATKEISER TE PRYS NIE...

Om wanaangepas te wees in ’n abnormale wêreld is nie ’n skande nie, dis ’n prestasie.

In ’n Skypegesprek met my broer Chris so ’n week-of-twee gelede, vertel hy my dat hy in kommentaar van eneTrippie Trip by ’n artikel op Praag, so ’n tien dae vóór Mandela se “dood”, gelees het dat alle lugmagpersoneellede se verlof vir die begin van Desembermaand gekanselleer is asook die lugskou by die Waterkloof lugmagbasis in dieselfde tydperk.

Aangesien ek en Ingrid in elk geval van sy laaste hospitalisasie en “ontslag” af ’n haas onweerlegbare vermoede had dat die outa tóé al lepel in die dak gesteek het, wou ek dit graag bevestig met die kommentaar van Trippie Trip, maar ek kon dit nie met bekwame spoed opspoor nie.
Na aanleiding van die GLG (Groot LugmagGeneraal) se onlangse e-possie op Pearsonarium 

From: N…..<……g@intekom.co.za>
Date: 2013/11/27
Subject: Groete
To: pearsonarium@googlegroups.com

Hallo almal,

Baie dankie vir die nuusbrief Susan

Hoop als gaan goed met almal.  Hier word daar gepak vir ‘n vale aangesien ons Vrydag trek na my aftree plekkie net buite Graaff Reinet.  Die afgelope paar weke was baie rof met huis vekoop, aanbouings 1000km ver van my en trek reël.  Vlg week dv is dit uitpak en inburger en dan voorberei vir reis Engeland toe om 1ste kleinkind se geboorte by te woon (of kort daarna).  Dan is dit terug Pta toe om Januarie nog te werk.

Ek sal van more af so tydjie van lyn af wees.

Baie groete en Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2014.”

... dag ek toe dat daar niemand beter is om Trippie Trip se kommentaar te bevestig nie en rig die volgende e-pos aan die GLG:

“From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2013/12/8

Subject: Re: Groete
To: pearsonarium@googlegroups.com

N….., ek lei af dat jou verlof nie gekanselleer is soos die ander lugmagpersoneellede s'n nie - dis nou met die oog op die dood van die ou-ta...; seker maar omdat jy  met pensioen gaan.” 

Intussen ontlok Trippie Trip se kommentaar die volgende beryming van Chris wat hy op die internet publiseer en onverwagte kritiek ontlok:

Sit dit af!
(Alternatiewelik: Elders ontplooi.)

So het dit die here behaag
hoewel aanvanklik maar stadig en traag
- hulle wat elke kader se kom en gaan bepaal
totdat Jesus almal eendag weer op die wolke kom haal -
na diepe drink, lange beraad en lekgotla
terwyl hul wag vir die aanloopbaan in Mthathwa
en hoor die teerpad na Qunu is voltooi
heeltemal gereed vir die stoet en konvooi
kon hulle gerieflik reeds voor die einde van November
onverwags Waterkloof se lugskou in Desember
saam met alle lumagpersoneel se verlof afgelas
en terwyl almal Donderdag vir sy première in teaters was
skink hulle nog ‘n laaste blue label ten besluit
trek toe maar die kragprop uit
sodat die kameras en drukperse kan rol
met vooraf geblikte huldeblyke oorvol
ja, die mense se ikoon van vrede word begrawe op die vyftiende,
so het hul vasbesluit, nie Versoeningsdag die sestiende
klaar gechoreografeer met ‘n ANC dompas
alles oor en uit, soos wat hul agenda was.

© Kopiereg voorbehou

Die GLG kap my steeds ’n ignore, maar die Peasonariumlid vir Skelmbos lig my erg gevat soos volg in:

From: …. .ouch.. <…..ouch..@telkomsa.net>

Date: 2013/12/13
Subject: Re: Groete
To: pearsonarium@googlegroups.com

Petrus, The Opposition to Urban Tolling Alliance is nog lank nie dood nie. Ek neem aan dis waarna jy in jou skrywe aan N….. verwys. Of is dit jou siek siening van ons geliefde Madiba? Jy behoort jou te skaam”…

...wat die agbare lid vir Maoriland beaam met ’n verbeeldingryke:

“From: …… …toe <……_...toe@msn.com>
Date: 2013/12/13
Subject: RE: Groete
To: "pearsonarium@googlegroups.com" <pearsonarium@googlegroups.com>

Ditto.”

Dit was natuurlik genoeg om my te laat besef dat my siening haaks staan op die gangbare houding en aangesien die hoofstroommedia die werke van hulle hande nie sonder meer sou laat vaar nie en g’n mens dus sou kon ontsnap aan die volvloerdekking van die sirkus in die media nie, het ek die infomaak uitgebreid op BBC1 gevolg, onder andere ook om te sien of ek die GLG in die voorste gestoeltes saam met die bojaanworse sien.

Aangesien ek die oorlede hoofdrolspeler nooit persoonlik ontmoet en geken het nie en hom nié uitsluitlik op sy vroeëre misdade wou beoordeel nie, het ek, in funksie van die ou Afrikaanse uitdrukking “Aan jou vriende word jy geken “, tot die gevolgtrekking  gekom dat die Vader des Volks nie regtig so kosher soos Moses is nie

Aan die (voorlopige) einde van BBC1 se uitsending van die pistakel, het een van die verslaggewers die stelling gemaak dat ”… SouthAfrica will have to do some soul searching about Mandela’s legacy…”, wat my ook tot ’n bietjie introspeksie gelei het:
wanneer ek al die skyn-heiliges en glans-ape voor my geestesoog laat verbytrek, dan kan ek net gril van walging en afsku – van ou vet Oprah & Branson, oor die Groot Hoer van perfide Albion se werpsel,Charles, tot die bedrieglike beule Bliar & Bush en die huidige inbesetene van die witgekalkte longdrop van Amerika – voorwaar, voorwaar ek sê vir julle: niegene wat ek in my vriendekring wil tel nie; dan sit ek liewer in die kring van die spotters …

The day the angels cried

They came from countries far and wide, to pay their last respect,
And upon the life of Nelson Mandela they would all reflect.
A terrorist cum freedom fighter, who had certainly done the crime;
Arrested, tried and convicted; imprisoned, he had done the time.
Never before witnessed such a gathering of vagabonds and thieves,
All with masked faces whilst being told “A mourning nation grieves”.
Never before have more heinous warmongers gathered under one roof,
Check the official list of dignitaries, should you require more proof.

The world had come to say good-bye to Mandela who had died,
But the rain that fell that day were from Angels as they cried,
Angels crying not for Mandela, nor for his ‘grieving family’
But for a world where most shall be…in Hell for all eternity.
Written by Alf HutchisonAuthor of ‘Sounds of Distant Drums”

In alle eerlikheid moet ek bely dat ek met my houtoog en plankbril één enkeling gespaai het wat haar deurgaans met waardigheid & grasie gedra het: Graça Machel.

No comments:

Post a Comment