Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Tuesday, December 10, 2013

OOR VEITE EN FERDIGSEL...

Sit dit af!

(Alternatiewelik: Elders ontplooi.)

So het dit die here behaag
hoewel aanvanklik maar stadig en traag
- hulle wat elke kader se kom en gaan bepaal
totdat Jesus almal eendag weer op die wolke kom haal -
na diepe drink, lange beraad en lekgotla
terwyl hul wag vir die aanloopbaan in Mthathwa
en hoor die teerpad na Qunu is voltooi
heeltemal gereed vir die stoet en konvooi
kon hulle gerieflik reeds voor die einde van November
onverwags Waterkloof se lugskou in Desember
saam met alle lumagpersoneel se verlof afgelas
en terwyl almal Donderdag vir sy première in teaters was
skink hulle nog ‘n laaste blue label ten besluit
trek toe maar die kragprop uit
sodat die kameras en drukperse kan rol
met vooraf geblikte huldeblyke oorvol
ja, die mense se ikoon van vrede word begrawe op die vyftiende,
so het hul vasbesluit, nie Versoeningsdag die sestiende
klaar gechoreografeer met ‘n ANC dompas
alles oor en uit, soos wat hul agenda was.

[Christiaan Potgieter]


© Kopiereg voorbehou





    maar die vroue het gevlug
and the women fled
met lang geskreeu in die hutte terug
with long screams back to their huts
en die agterste hoeke, en heelnag die wraak
in the furthest corners, and spent the night
van Raka en Raka se donker waak
listening to Raka’s revenge and dreadful wake
in die kraal verneem; sy snork, sy draf,
as he crossed the kraal, running and sniffing,
en die skreeu van ’n vrou se pyn skielik, die blaf
and they heard women crying out in pain,
van ’n vasgekeerde hond, kort en benoud…
and the short, sharp barking of the tethered dogs…
en daar waar Koki se liggaam koud
and when Raka found where Koki lay,
en stil in die gras was, die harder gebrul
cold and still among the grass,
van die nuwe woede, wat die hutte vul,
new rage fuelled his howling
en die breek en die skeur.
with the sound of breaking bone and tearing flesh.
                                               In die môre vroeg
And when morning came
het hy naby die hek gele, slu, en moeg
they found him lying at the gate, sly and tired
maar waaksaam; en opgestaan later
but watchful; and when the day was warm he rose
toe dit warm word, en uit die potte die water
to drink from the water pots before returning
gedrink en weer by die hek gaan wag;
to guard the gate; and after that fearful night
en ná die dag se hitte en die lang nag
and long hot day, hunger and thirst,
en die skrik, het honger en dors, dié twee,
the two slave drivers, drove the people out
die slawedrywers, hulle maar gedwee
in search of food and water; and Raka
en sku om water en om kos laat gaan;
let them go and then went off to hunt nearby;
en Raka, die skelm dier, het opgestaan

en hulle laat loop, en self náby gaan jag;
but no one dared to slam the narrow gate
maar niemand het gewaag om met een slag

die smal hek ooit weer teen hom te sluit.


http://en.wikipedia.org/wiki/N._P._van_Wyk_Louw 



1 comment:

  1. Beduidend dat die handtekening onderaan die brief in 'n heel ander handskrif is - blykbaar het die tronkbewaarder wat die diktasie geneem het bietjie taalversorging ook bygevoeg ;)

    ReplyDelete