Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, March 19, 2014

VERDOEM I*




THIS one looked through the entire car and wanted to know why the white lights at the back of the car weren’t working!  The driver told her that the white lights only work when the car reverses.  The R500.00 fine read “the lights only work when car reverse”

Mense wat in SA bly, bly nie hier omdat hulle hier wil bly nie. Hulle bly hier omdat hulle nêrens anders het om te bly nie. Doomed, ja.


 Van al die mense wat al weg is uit SA wat ek ken, en dis ‘n hele paar, het nog net een teruggekom. Dit is ‘n man met 2 klein kindertjies wie se vrou  oornag tragies oorlede is met ‘n gewas op die brein waarvan hulle onbewus was enkele dae voor hulle op die vliegtuig geklim het Kanada toe. Werk reeds bedank, huis was verkoop, als was reeds weg Kanada toe. Kinders kon nie aanpas nie. Dis te verstane.


 Ons bly eintlik maar in ‘n human cesspit hier. Mens moet oogklappe aansit en selektief te werk gaan met wat jy raaksien om ‘n kunsmatige beeld van normaliteit en beskaafdheid te skep en jy klou dan desperaat vas aan hierdie kunsmatig gekonstrueerde realiteit.


 Dan wanneer jy die uitsonderingsgeval waarneem wat wel normaal en beskaafd is, gebruik jy dit as bevestiging van die “realiteit” van die hersenskim waarin jy moet glo om die volgende dag te kan aan pak.


 Sien die volgende: van die swart mense voer aan dat hulle ‘n agterstand het vanweë apartheid – wat korrek is – maar as mens op die agterstand wys, wat hulle self beweer, is dit ‘n rassistiese uitspraak. So, as iemand bepaalde werk nie goed doen nie, weens swak skoling, is die agterstand te wyte aan apartheid, wat korrek is; maar as mens daarop wys dat die werk swak gedoen word, is laasgenoemde ‘n rassistiese uitspraak.


 Skynbaar dan is die verlangde respons dat daar nie op gewys moet word dat die werk nie reg gedoen word nie, want dit is nie die skuld van die person wat die werk doen nie, maar die skuld van apartheid.


 Ken jy die storie: Die tienerdogter van die pretensieuse Afrikaner familie word swanger. Vir 9 maande word die dogter weggesteek, maar haar ma begin dra ‘n kussing onder haar rok, ‘n al hoe groter kussing soos die 9 maande vorder. Wanneer die klein wettertjie sy verskyning uit die baarmoeder maak, haal ouma die kussing onder haar rok uit, en siedaar, ouma het geboorte gegee aan ‘n laatlam. Met tye, egter, val die kussing in geselskap onder die rok uit op die vloer, word opgeraap en weer onder die rok ingeprop. Almal raak vir ‘n oomblik stil, maar gaan dan voort met die koekies eet en tee drink asof niks gebeur het nie, en niemand praat ooit agterna daarvan nie.


 Presies hierdie taktiek is gevolg tov ‘n bepaalde joolkoningin waarvan ek weet. Die meisie het in die middel van haar studies sonder verklaring verdwyn. Ek het haar later in Woolworths raakgeloop met die kleintjie in die grocery trollie. “Joune?” vra ek. “Nee,” sê sy, “my laatlam kleinsus.”

 Hoe het jy gevorder met die broer van die tweelingbroer wat jy in die elektroniese werklikheid raakgeloop het? Dalk goeie mense, maar die soort van mense – Afrikaners – teenoor wie ek ‘n soort van sense of alienation beleef. Daar is dalk goeie mense op Mars ook, maar hulle sal vir my vreemdelinge wees. Nie vreemd nie, maar vervreemd. Maar ek beleef so 'n sense of alienation teenoor alle groepe sodra ek die gewaarwording kry dat hier ‘n “groep” is, so 'n identiteitslose wese, ‘n veelkoppige monster sonder ‘n siel met baie tonge, ‘n seemonster wat nie net baie tentakels het ie, maar ook baie koppe, en al kap jy ‘n tentakel of kop af, groei daar twee in sy plek. Totdat die monster sy eie tentakels en koppe begin verslind, maar hoe vining hy dit ookal doen, hy kry homself nie opgeëet nie omdat die tentakels en koppe te vining uitgroei totdat die ding vanweë uitputting begin swak word, want die hoeveelheid wat hy van homself verorber kan nie die dele wat weer so vining uitgroei en verdubbel voed nie, hy begin stuiptrekkings kry en sterf uiteindelik van uitputting.  Wie was nou weer die vrou met die baie slange op haar kop?

No comments:

Post a Comment