Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, February 22, 2015

DIT WAS NIE TEVERGEEFS NIE...

KLAARSTAAN
die alombekende en besonge kaplyn
het ons dou voor die middag reeds bereik
een-vir-een het die Buffels toe gestop
en is troepe opgestel wyl die Winterson nog skyn
toe die laaste Buffel ons brullend verlaat
en ’n kille karos stil oor die landskap daal
met weinig lawaai vir so ’n apokaliptiese dier
skud hy sy skubbe en legio ledemate reg
voor die eerste bespieders die niemandsland betree
en só met horte en stote, baan hulle vir die res die weg
sonder insident óór die internasionale grens
laatmiddag, vóór die son al water trek
word halt geroep: ons oornág op dié plek
per twee of per drie word (met brandwag) gegrawe
aan stellings met walle en sandsakke versterk
dan, vóór laastelig, kom die belangrike werk:
uit elke stelling word die landskap met die oog
vir kontoer en herkenbaar baken afgetas
word ons blik beperk tot dié klein boog
want in die skeem’ring van die nag
verwar die sintuig en verloor sy krag
in die aandse stilte word bosse beeste
wat beweeg en dans soos geeste
en sien ’n mens die stem van god wat fluister
op die asem van die wind so helder soos ’n klok
as jy nie blind is nie, moet jy luister
as jy nie doof is nie, moet jy sien
dat die tyd nou daar is om ons kettings te ontketen
die bande wat ons kortwiek te verbreek
en die vergeefse een te verban as hy vir ons preek:
12 En dink aan jou Skepper in die
dae van jou jonkheid voordat die
ongelukkige dae kom en die jare aan-
breek waarvan jy sal sê: Ek het daar
geen behae in nie –
2 voordat die son en die lig en die maan
en die sterre verduister word en die
wolke terugkom ná die reën,
3 dié dag wanneer die wagters van die
huis sal bewe en die sterk manne krom
word en die malers die werk staak,
omdat hulle te min geword het, en die
wat deur die vensters kyk, verduister
word,
4 en die deure na die straat gesluit
word, terwyl die geruis van die meul ver-
swak; en hy opstaan as die voëltjies
begin sing en al die tone van die lied dof
sal word.
5 Ook sal hy bang wees vir ’n hoogte
en verskriklike dinges al op die pad wees!
En die amandelboom sal in bloei staan,
en die sprinkaan sal homself met moeite
voortsleep, en die kapperkruid nutteloos
wees; want die mens gaan na sy ewige
huis, en die rouklaers sal op die straat
rondgaan.
6 Voordat die silwerdraad verwyder
word en die goue oliekruik stukkend val
en die kruik by die fontein gebreek word
en die wiel stukkend in die put val
7 en die stof na die aarde terugkeer
soos dit gewees het, en die gees na God
terugkeer wat dit gegee het.
8 Alles tevergeefs, sê die Prediker, dit
is alles tevergeefs.”
ná oneindig lange nag voor dagbreek
’n nagmerrienag van vergeefse drome en verraad
ontwaak ons met die sekerheid en die wete
as ons sulke nagte van verskrikking kon deurstaan
ons net sterker en wyser sal oorleef
met eerstelig se klaarstaan wéét ons nou
het daghet in den oosten en... oweral: ons sál oorwin

No comments:

Post a Comment