Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Sunday, April 19, 2015

E-POSWISSELING VAN ONS TYD

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-03-08 22:31 GMT+01:00
Subject: TEKEN OF TOEVAL
To: info@boerestaatparty.co.za

Beste Coen Vermaak

Ek en my gesin woon al lank in Vlaanderen, want ek is in 1981 getroud met my (Suid-Afrikaansgebore) Vlaamse vrou - haar ouers was immigrante in SA.

Ons het besluit om met Pase vanjaar SA toe te gaan en, meer spesifiek, om te gaan kyk of 'n mens kan terugkom Orania toe, maar ons is nie regtig besonder geesdriftig nie, veral nadat ons met iemand gepraat het wat 'n paar jaar daar gewoon het.

Terwyl my skoonma vanmiddag by ons op besoek was, het ek vir haar gesê ek wag eintlik op 'n "teken" dat ons inderdaad moet kaartjies koop en gaan en toe sy (natuurlik) wou weet "watse teken", kon ek maar net antwoord: "Ek weet nie, maar ek sal weet as dit die teken is."

Nadat Ingrid (my vrou) haar ma teruggeneem het Gent toe, het ons aan die kombuistafel gesit en gesels terwyl die rekenaar aan was op Radio Pretoria en ons toe oor die nuus hoor dat een-of-ander kernkragorganisasie in SA bankrot is en die naam Pelindaba word toe genoem. 
Ingrid merk toe op dat ons buurman-oorkant-die-straat op Hartbeespoort 'n sekuriteitsamptenaar daar was en ek sê toe "Ja, Paul Vermaak."

Aangesien ons in die internetera leef, het ek uit blote nuuskierigheid Paul se naam gaan Google om te sien wat van hulle geword het en toe maak ek natuurlik die afgryslike ontdekking - waarmee dan ook ons meegevoel.

Die erdvarkgat van die internet het my dan uiteindelik by jou uitgebring en vandaar dié skrywe, aangesien ek, voordat ons destyds uit SA vertrek het, persoonlike besoeke gebring het aan oom Robert van Tonder, Eugène Terre'Blanche, Piet Rudolph en Jaap Marais, want dít was waar my lojaliteite geleë was - in die lig daarvan sal jy miskien hierdie skrywe kan begryp...

...miskien hoor ek van jou

Petrus Potgieter   
______________________________________________

From: Coen Vermaak <coen@kerbmaster.co.za>
Date: 2015-03-09 10:59 GMT+01:00
Subject: oor toeval of teken
To: potgieter.petrus@gmail.com


Geagte mnr. Petrus Potgieter .,Baie dankie vir u brief en ook u meegevoel oor Paul .
Paul was n oulike mens en baie opreg en dit is sulke mense wat goedgelowig  is en maklik verkeerde besluite neem
As hy nie Investeck en Erny Els se ontwikkelings Propaganda geglo het nie , was hy vandag nog hier. Hierdie COPPERLEAF onwikkeling is direk langs Diepsloot en om hulle is nog 5 plakkerskampe waar 90% Zimbabweans en Mozambiekers bly.

Daar is tans ongeveer 8 tot 14 miljoen onwettige  assielsoekers in die land en in my ondersoek na die moordenaars , sien ek dat hulle hul eie ASLAM id  boeke maak .
Hulle is uiters gevaarlik met militere opleiding en die witmense is nie opgewasse teen hulle nie.

Jy se nie of julle kinders het nie maar dit sal onwys wees om weer witmense hierheen te bring.
Jy sal nou snaaks dink maar Eugene was reg toe hy gese het dat die N P  regering nie oorgegee het nie maar dat die VOLK oorgegee het.

Verwoerd het ons doodsklok gelui in 1960 toe sy beleid veroorsaak het dat 50% van die volgende geslag gekeer is om gebore te word .
Nou pluk ons die vrugte van mense wat hul besluite berus het op geloof en nie die werklikheid wou raaksien nie .

Verder moet jy verstaan dat die witmense 70 miljoen van hul eie soort doodgemaak het in die twee WERELDOORLOE.
Dink net wat se vakuum dit onder ons gelaat het en as ons die wat deur voorbehoedmiddels gesneuwel het bytel dan praat ons van meer as n 100 miljoen witmense en hul nageslag beloop  ten minste 400 miljoen.

Doen jou eie navorsing en jy sal sien dat geen witmens in AFRIKA geduld gaan word nie.

Verder is alles hier besig om in duie te stort , paaie, riool, water,elektrisiteit , werkloosheid  verbode immigrante , moord en doodslag is alles wat bydra tot n land wat op sy laaste bene staan.

Ek klink seker baie negatief maar ek baseer my siening nie op geloof nie maar op werklikhede.

Ons het in 1994 vir de klerk gese dit gaan gebeur maar hoor was min.

Daar kon n baie beter ooreenkoms beding geword het maar daar sit ons toe met n man wat n prokureur was en geleer was om te lieg en die Volk glo hom en 68% het ja gestem.

Petrus jy is welkom om van my te verskil en jy moet weer vir my skryf .
Gebruik dan sommer my epos  coen@kerbmaster.co.za of kry my op facebook.

Groete vir almal daar
Coen vemaak
__________________________________________________________________________

From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-03-09 15:53 GMT+01:00
Subject: Re: oor toeval of teken
To: Coen Vermaak <coen@kerbmaster.co.za>

Beste Coen

Ja, in die enkele maande wat ons in Hartbeespoort bure was, het ons beide Paul en Louise (soos ons haar geken het) as gawe mense leer ken - in dié mate dat ons die politiek as gespreksonderwerp liewer vermy het aangesien ons bewus was dat ons politieke beskouinge drasties verskil het. Ingrid herinner my daaraan dat Louise 'n "blourok" was, wat ons destyds maar beskou het as soortgelyk aan die Jehovasgetuies - dis eers wanneer 'n mens in Europa woon & werk dat jy besef hoe naby Afrikaners, van watter denominasie ook al, eintlik aan die Jehovas is en ons sal wéét want ek het 'n Jehova-egpaar meer as 'n jaar lank een maal per week by ons tuis ontvang waartydens hulle my probeer oortuig het om 'n Jehova te word en ek hulle probeer oortuig het dat die hele bybel omtrent "afgekyk" is van ander geskrifte en godsdienste...

Dan het ons natuurlik ons een hond, Suske, by hulle gekoop - hulle het 'n mooi Boerboel gehad wat kleintjies van 'n Rottweiler gehad het.

Die interneterdvarkgat het my nie net na dinge gelei wat ek nie geweet het nie, maar ook na dinge wat eintlik al in vergetelheid verval het, byvoorbeeld die boek wat Willy Diegenant vir my gegee het, te wete THE KLASSEN LETTERS Volume 2 1976 - 1981, wat ek ongelukkig nie destyds gelees het nie omdat ek siek & sat was van die Joods-Christelik-Islamitiese drie-eenheidsgodsdiens se Bedrog, Misleiding, Wanvoorstelling, Swendelary of kortweg: BMWS.

Ons het hier in Europa agtergekom dat die begrip "heiden", wat vir ons niks anders beteken het nie as "swart mensvreters", eintlik verwys na die mense wat op die heide gewoon, met ander woorde plattelanders, in teenstelling met die stedelinge wat eerste gekersten is. Ons het die Vlaamse heidendom saam met ons drie jong seuns ondersoek, maar dit kon ons nie werklik "bekoor" nie en sedertdien leef ons sonder om betrokke te wees by 'n georganiseerde godsdiens, maar hoegenaamd nie as "belydende ateïste" nie.
Ons het dus drie seuns, wat aldrie al uit die huis is en waarvan die oudste getroud is met 'n meisie van Letland en in Riga woon. Die ander twee woon & werk in Gent en gevolglik hoef ons in ons besluit om terug te keer na SA, nié met hulle rekening te hou nie, maar uitsluitlik met die "veiligheidsaspek" vir ons - vandaar dan ook ons belangstelling in Orania, behalwe dat ek die volgende brief van 'n internetvriendin ontvang het:

From: J... <j....@gmail.com>
Date: 2015-03-02 9:03 GMT+01:00
Subject: Nou's ek in N...!
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Liewe Petrus

Sjoe, wat 'n verrassing om van jou te hoor! Ver in die wêreld, Kittie ...

Ai, liewe Petrus, terwyl ander mense ordelike, stabiele lewens lei of ly, is ek al weer weg van Orania, taamlik bitterbek. Dis nogal 'n lang, dramatiese vertelling, wat ek later in detail sal verhaal as ek julle hopelik van aangesig tot aangesig ontmoet. Ek woon nou in N..., 'n pragtige dorpie in die Wes-Kaap, al van Desember af. Ek huur 'n knus kothuisie. Ek het J... (eks-verloofde) en die drie seuns in Orania agtergelaat, my huis vir hulle gegee as soen- en skuldoffer – ek was 'n tyd lank feitlik geknak van skuld oor ek nie meer kans gesien het nie, die arme kinders hulle "mammie" ontneem het.

Omdat ek glo dat my persoonlike omstandighede en my eie karakter heelwat bygedra het tot my uiteindelike ongelukkigheid op Orania, maak ek nie my mond in die openbaar (bv. in die media) oop oor my huidige siening van Orania nie.

Kortliks: Ek is ontnugter, want ek is ingeloop, bedrieg en aan die neus gelei, in so 'n mate dat ek my lidmaatskapkaart van die Volksfront Plus opgeknip het. Ek en J... het kartonbokse vol boeke op die vullishoop opgetel, weggegooi om verbrand te word. Wonderlike boeke (tot 'n eerste uitgawe van Langenhoven se Ons weg deur die wêreld), stapels ou Panoramas en Lanterns ... Weggegooi deur Anje Boshoff (Carel IV se vrou) uit die Volkskool se biblioteek sonder om die gemeenskap in kennis te stel. Carel was moerig oor ek dit 'n "barbaarse daad" genoem het.

Ek het gou agtergekom jy moet jou mond hou oor baie dinge, anders is jy persona non grata.

Ek was baie eensaam daar, want ek het feitlik geen geesgenote gevind nie. Daar is baie agterlikes van ons volk gekonsentreer, die uittand-brigade. Dis 'n barre wêreld waar jy kan verstar ... en dis baie duur.

Gaan kyk gerus, maar onthou, almal word aanvanklik bekoor deur die fraai, ordelike prentjie, veral as jy by die lowerryke uitspanplek by die rivier, die Oewer, tuisgaan. My raad is, as julle op die eerste oog af van Orania hou, probeer om 'n plek te huur en eers so 'n paar maande tot 'n jaar daar te woon. Moenie dadelik koop nie.

Julle moet beslis by my in N... kom kuier. Dis 'n baie mooi wêreld hier rond en nie te ver van die see af nie.

'n Mooi pienk Maandag vir julle.

J...

Ns: Onthou, Petrus, hierdie brief is persoonlik en privaat aan jou gerig – nie vir publikasie nie!

Ek het haar soos volg geantwoord:

"From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2015-03-02 11:39 GMT+01:00
Subject: Re: Nou's ek in N...!
To: J... <j....@gmail.com>


My liewe J...

Baie dankie vir 'n openhartige reaksie - in vandag se Facebookwêreld is dit 'n skaars verskynsel...
In die ou Suid-Afrika was ons ook mos so behep met "...wat sal die wêreld van ons dink..." en kyk hoe lyk ons nou!

J..., jy moet jou nie laat mislei deur die  ordelike, stabiele lewens wat ander mense lei/ly nie - en jy kan maar seker wees dis ly.
Ek & Ingrid wou oorspronklik met pase SA toe gaan en dan wou ons na die Suidwes/Angolagrens toe ry om te gaan kyk wat van Mahanene geword het waar ek onder andere in die Weermag was, maar toe vind ons drie seuns - wat eintlik aldrie al uit die huis uit is - so één na die ander daarvan uit en wil saamgaan. Die enigste datum wat almal op die oomblik pas, is September.

Intussen het die Oraniagedagte egter opgeduik en toe dink ons ons kan met pase vir so 'n twee weke gaan nét om Orania saam-saam te gaan verken, want ek wás al daar in 2010, maar Frans de Klerk, wat my sou ontvang, het my in die steek gelaat en ek is ná 'n naweek wat ek alleen by Die Oewer deurgebring het ook maar "bitterbek" daar weg. 
Eintlik wil ek al geruime tyd vliegtuigkaartjies koop, maar wag nog vir 'n soort "teken" om tot die handeling oor te gaan en dis ook waarom ek vir jou geskryf het. As jy nog by jou eks-verloofde en ook nog "mammie" was, sou ek byvoorbeeld kon vra of julle 'n ou motor met woonwa kan gebruik wanneer ons weer terukom Vlaanderen toe en as jy dan sou antwoord dat julle kán, dan kan ons hulle by julle laat tot 'n volgende keer...en dan had ek natuurlik my teken.

Hierdie skrywe van jou is wél 'n teken dat ons Orania nie 'n prioriteit moet maak nie en eerder in September via N... Suidwes/Angola toe moet ry.

Ek is natuurlik jammer om van jou onaangename ondervinding in Orania te hoor, maar kan nie regtig sê dat ek verbaas is daaroor nie - jy het jou "vrye gees" al te veel die vrye teuels gegee om jou te laat kortwiek deur gewone of geëikte/geykte (common or garden variety) huigelary. 
Ek & Ingrid is die absolute teenpool van koningshuise en anderlike dinastieë, wat eintlik die wesenskenmerk van die Afrikaner is en ons onderskei van ons Europese voorgeslagte. 

As jy wil, hou ek jou op die hoogte van ontwikkelinge en ons sal beslis nie op jou nek kom lê nie!

Liefde

Petrus"

Coen, ek het jou nou al baie meer laat kry as waarop jy gereken het, maar om aan te toon dat ek presies weet waarvan jy praat wanneer jy sê: Verder is alles hier besig om in duie te stort , paaie, riool, water,elektrisiteit ..., kan jy gerus hier gaan lees as jy lus het: 


Groete

Petrus Potgieter
________________________________________________

Wat n wonderlike voorreg om Iemand te ontmoet wat in n paar sinne sy vinger presies op die sweer te plaas wat ons volk vir meer as n honderd jaar vergiftig het.
Die christene het baie om te antwoord vir die onheil wat hulle oor ons volk gebring het , maar dit is seker onregverdig om die normale kerkganger te beskuldig.
Dit is die leiers van die kerke wat ons in die moeras ingelei het soos die spreekwoordelike JUDAS bok.

Gelukkig het ek nie in Paul se kerk grootgeword nie  maar sy vrou Louisa was die groot oorsaak dat Paul sulke dwase besluite geneem het omdat hulle vas geglo het dat hulle n bewaar engel het .

Jy kan gerus ook ons Boerestaat webwerf besoek

En ja van Orania  kan jy my niks vertel nie ,Hulle is nog vas oortuig dat seks sonde is en dat die spermpie wat nie n trouring aan het nie , nie n SIEL gaan kry nie  Hulle is n voortsetting van die gif waarvan ek gepraat het. Hulle is diegene wat ons nageslag uitgewis het  sonder om n oog te knip of selfs te verstaan wat hulle gedoen het.

Praat later weer  en groete aan die gesin
 coen
__________________________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment