Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Wednesday, May 20, 2015

AmaBhulu* SE HUBBLE-EFFEK

*http://www.amabhulu.com/

Beste Herman, Jeanne

(Ek publiseer dié e-pos ook hier as 'n ope-brief.)

Jy sal miskien nog agterkom dat 'n vraag aan my, hetsy retories of andersins, gewoonlik 'n méér substansiële antwoord ontlok as wat die vraesteller waarskynlik voorsien het en wanneer jy pertinent vra Was daar ‘n Herman Potgieter met jou op Pearson?, moet jy maar vir jou 'n koffie gaan haal...
(Dit het miskien te doene met die feit dat ek destyds ook 'n bietjie wysbegeerte gedoen het en minstens die les geleer het dat jy nooit 'n blanko-eksamenskrif moet inlewer nie, want dan kán 'n dosent nie vir jou punte gee nie, al wíl hy ook hoe graag...)

Ek het van die e-poswisseling tussen ons om meer as één rede ook na twee poslyste, waarvan ek en/of Ingrid lid is, gekopieer. Julle is al op die hoogte van Pearsonarium, waarvan ek aanvaar Jeanne liewer nié 'n spesiale lid wil wees nie ondanks die uitnodiging, maar die ander poslys is van my en Ingrid se eerstejaarklas by UPE en ek het van ons e-pos daarheen gekopieer omdat een van die lede Theo (ST) Potgieter is, wat intussen al minstens só gereageer het:

From: st.oculus <1973uperegte1@yahoogroups.com>
Date: 2015-05-18 20:21 GMT+02:00
Subject: Re: [1973uperegte1] Re: Jeanne Helen Basson
To: 1973uperegte1@yahoogroups.com

Die winkel, die naam is op die punt van my gedagte, was so iets soos Kaycees?

Groetnis, as 'n oud-Rabie hoort ek eintlik nie hier nie, maar nou ja...  Iemand moet die arme PE Arson spul help!  Was darem jaloers omdat ons nie ook skool kon mis nie, maar nie die moed gehad om die skool af te brand nie!

Één van my oogmerke met die kopiëring, was om die Hubble-effek so groot as moontlik te maak - indien nie vir jóú onthalwe nie, dan maar vir mýne - want ongelukkig vir my, soos trouens in die astronomie ook, sal dit nooit volkome kan wees nie, aangesien ek in 1960 op Beaufort-Wes in sub A was en nie meer 'n enkele klasgenoot kan onthou nie. My skool-Hubble gaan dus terug tot sub B in Newton en ek dink van my huidige (bewuste) "kontakte" is dit nét Esther (Roux) Feltoe wat tot by juf Coetzee se klas teruggaan - dit is nou met die uitsondering van Marietjie Visser, met wie korrespondensiële kontak omtrent so v(l/r)ot verloop as met die lede van beide poslyste.

Ek het trouens net uit 'n oormaat van versigtigheid vir jou gevra waar jy vóór Newton op skool was, want ek het eintlik geweet dis Excelsior.
Miskien herken/onthou jy (ook) nie die name nie, maar Susan (Lemmer) Pretorius, Adriaan Swanepoel en Norman Minne was óók in Excelsior en ek dink Susan was later 'n lugwaardin, Adriaan is opgelei as lugvaartingenieur wat later, onder andere, by Atlas Vliegtuigkorporasie gewerk het en toe vir eie rekening as uitvinder begin werk het en Norman het 'n vegvlieënier by die SALM geword en het onlangs as Lt Genl op 'n plaas net buite Graaf-Reinet afgetree.

Aan die begin van 2008 het ons jongste seun, Gustaaf, vir ons kom sê hy en drie Vlaamse pêlle wil 'n maand lank Suid-Afrika toe gaan. Ek & Ingrid sê toe vir hulle dat dit nie so voor-die-hand-liggend is om in SA te toer as wat dit in Europa of selfs Turkye is nie - waar hulle reeds was - en dat ons bereid is om as gesin te gaan met sy drie pêlle by.

Omdat ons so 'n klomp was, is ek 'n week vroeër SA toe om 'n voertuig vir agt te reël en ek kry toe 'n Land Rover Defender in Kaapstad in die hande met twee jump-seats agterin en 'n goeie dakrak vir almal se bagasie.
Aangesien ek enkele dekades tevore laas in die Kaap was, was ek ietwat verlore nadat ek die Land Rover in Claremont in ontvangs geneem het.
Ek het eers by 'n nabygeleë winkelsentrum gaan parkeer om tot verhaal te kom en besluit dat ek nie laatmiddag in Kaapstad gaan invaar om akkomodasie te soek nie en wyk toe uit Stellenbosch toe, waar ek in 1977 'n paar maande vir nie-graaddoeleindes by US deurgebring het, totdat 2 Regiment Algoabaai my gegryp het vir drie maande grensdiens in Julie, Augustus & September.

Ek het die eerste nag by die Stellenbosch Traveller's Lodge oorkant die stasie deurgebring en die Land Rover die volgende oggend na die plaaslike LR-agentskap in Alexanderstraat geneem om nagesien te word met die oog op ons groot trek Oos-Kaap toe. Later sien ek daar is 'n gebou van British American Tobacco oorkant die straat  en herinner my dat Thys Visser daar die hoof uitvoerendebeampte is en ek besluit op die ingewing van die oomblik om hom op te soek.

Ek stap die paar trappe op na die deur toe, maar daar hang 'n kennisgewing dat dié ingang gesluit is en dat 'n mens die Du Toitstraatingang moet gebruik - wat my goed pas want ek het geweet dat Lettie Visser (suster van Marietjie) saam met haar man, Willie van der Merwe, in Du Toitstraat 12 woon, 'n hanetreetjie van BAT af.
Toe ek die trappies afstap straat toe, gly ek op die nat sypaadjie en bliksem op die beton neer met 'n nerf-af, bloeiende hand as gevolg. Ek stap toe óm na die BAT- ontvangs en vra vir 'n plakkie vir my bloeiende hand - ek hét per slot van rekening op hulle sypaadjie geval...

Die beste waarmee die ontvangsmeidjie vorendag kan kom, is stukkie kakpapier, waarmee ek natuurlik hoogs ontevrede was en ek sê bombasties vir haar: "...en nou wil ek vir Thys sien."
Waarop sy vra: "Thys Wie?"
...en ek antwoord: "Thys Visser."
Waarop sy weer vra: "Wie's Thys Visser?"
...en ek weer antwoord: "Hy's die baas vannie plaas - die CEE EEE OOO."
Waarop sy reageer met: "Hy's nie die CEO nie, want mnr John Taylor is die CEO!" en ek druipstert met 'n stukkie bebloede kakpapier om my hand vertrek, maar nie vóór ek haar toegevoeg het dat ek "...bly is om te sien dat net Engelse longkanker kry van rook, want ek sien al julle kennisgewings wat waarsku teen rook, is nét in Engels."

Buite in die straat bel ek vir Ingrid wat nog in Vlaanderen is en vra haar om bietjie op die internet te kyk wáár Thys dan HUB is en binne 'n ommesientjie bel sy terug en sê hy is by Remgro in Tegnopark.

Die volgende e-poswisseling in 'n ander forum is 'n realistiese weergawe van wat daarna gebeur het:

-----Original Message-----
From: Visser, Thys [mailto:mhv@remgro.com]
Sent: Friday, January 09, 2009 5:20 PM
To: petrus.potgieter@telenet.be
Cc: aardsafrikaans@yahoogroups.com; dinker@yahoogroups.com; Jelleke Wierenga; Christiaan Potgieter; pknoesen; Marietjie Oelofsen; Die Potties; ppvaneeden; Eugene van der Berg; studioherman; Visser, Thys; L.J.Bothma; Andre Rabie; Stefan Veldsman; Jacob Mouw; Johan Strümpfer; Ludolf du Toit; Theo Veldsman; Willie Spies; Ingrid Burnett; Wytze de Boer; dfouche; nellpwsg
Subject: Re: PAYS YOUR MONEY AND TAKES YOUR PICK (uit kontsiderasie)
Beste Petrus,
Kan jy asb ophou om hierdie klomp kak aan my te stuur.
Ek het nooit gevra om op jou adreslys te wees nie. Ek sal dit dus waardeer as jy dit kan afhaal. 
Groete
Thys Visser. 

MH Visser
Remgro Ltd
Stellenbosch
South Africa

Waarop ek Thys soos volg geantwoord het:

On 9 Jan 2009, at 13:58, "Petrus Potgieter" <petrus.potgieter@telenet.be> wrote:
AAAAAH...THYS(2)

Jy het dalk opgemerk (meer waarskynlik nié...) dat ek, ná 'n afskeidsbriefie aan anner Thys, hom summier van my "adreslys" verwyder het. Ek doen vir jou dieselfde, maar mag ek net vir oulaas verneem ten opsigte van watter deel van die polemiek jy na die MUM* gryp? (Dis trouens 'n vraag wat ook van toepassing is op die ander MUM-gebruikers, Theo en anner Thys.)
Jy sien, as ek nou vroeër al hierdie skakel http://www.informationclearinghouse.info/article21692.htm aangestuur het en julle het na die dokumentêr gaan kyk (deur die glyertjie op die vorderingsbalk tot by 4:23 aan te skuif, kan julle kosbare tyd bespaar!), dan sou ek verstaan dat julle so vinnig gryp na die MUM, maar op dié stadium is dit nogal snaakserig.
Ai Thys, dit lyk my die Alzheimers is 'n noodlot wat toeslaan sonder aansiens des persoons - dis ook maar net my selektiewe geheue wat nog redelik funksioneer:
1. Ek maak op Woensdagoggend, 27 Augustus 2008, met die gehuurde wit Corsatjie 'n draai by jou kantoor in Tegnopark, maar synde die vername man wat jy ís, is jy natuurlik nie daar nie en laat ek my naam en selfoonnommer in 'n handgeskrewe nota by jou bekwame sekretaresse, Mev. Ruppersberg.
2. Ek ry van Tegnopark af na die (Afrikaner)plakkerskamp in Ruyterwacht om my te vergewis van die omstandighede.
3. Terwyl ek Donderdagoggend, 28 Augustus 2008, by ENB op Stellenbosch is, bel jy my en ek vra of ek later kan terugbel; jy gee jou selnommer 082-99... wat die Kleurlingvroutjie agter die lessenaar in my ou SAW-uitreiking Verslaggewersaantekeningboekie neerskryf.
4. Ek bel jou later terug en jy sê dat jy my as gevolg van 'n druk program nie te siene sal kan kry nie, behalwe as ek saam met jou Baai toe wil vlieg.
5. Aangesien ek nie weet presies wat jy bedoel nie - en ek pás by die bank was en weet ek kan my nie so 'n oordadigheid veroorloof nie - maar ook nie van jou kan verwag om vir so 'n uitspattigheid te betaal nie, antwoord ek jou neutraal: "Ja, Thys, as dit jou nie sal verontrief nie...", en jy verlos my onmiddellik uit my dilemma deur te sê: "Nee, ek is in elk geval alleen op die vliegtuig..." en ek weet meteens hoe die wind waai.
6. Ek is 13h45 (vir14h00) by jou kantoor en ons ry in jou Mercedes S500 na die DF Malanlughawe en op pad daarheen vertel ek jou waar ek die vorige dag was, bedoelende die plakkerskamp.
7. Ek en jy vertrek met jou twee vlieëniers in jou private straler en vlieg met 'n beduidende stertwind binne driekwartier Baai toe.
8. Ons drink 'n dop op die patio van jou hotelsuite terwyl ons wag dat Pierre my kom haal en wanneer hy daar is, drink ons nog iets terwyl ons herinneringe opdiep oor die mense en jare wat ons van standerd drie (toe Pierre se ma ons juffrou was) tot matriek saam op skool belewe het.
9. Jy en Pierre ruil visitekaartjies uit (ek het nie so-iets gesofistikeerd nie) en julle gee elkeen vir my ook een - hulle lê albei hier langs my linkerelmboog waar ek nou sit en skryf en dis waar ek julle e-posadresse gekry het.
Ek was altoos onder die indruk dat dít presies die doel van visitekaartjies is: 'n uitnodiging tot kommunikasie. Julle het dit aangebied en ek het daarop gereageer.
Aangesien ek tans 'n bietjie besig is om 'n volk te probeer red, kan ek nie deurlopend aan my "reisverslag" werk nie, maar ek het al hier 
Ek sal mettertyd ook hier meer uitvoerig verslag doen oor ons eerste ontmoeting in 37(?) jaar indien jy sou belangstel in die MUM.
Groete
Petrus
NS: Het jy toe die boek wat ek vir jou laat aanstuur het, ontvang: THE NEVERENDING STORY...

Herman, wat ek nié in bogenoemde brief herhaal het nie, maar ook op die Private Executive Jet vir wyle Thys gesê het, is dat eintlik net mense wat weet wáár 'n mens vandaan kóm, wérklik weet hoe en wat 'n mens gepresteer het...
(Ek sal natuurlik altyd ten stelligste ontken dat Thys se vroeë heengaan enigiets met mý te doene het...)-; 

Dit is vir my onweerlegbaar duidelik dat die breinkrag in enige & elke van die laerskoolgeledinge van beide Pearsonarium & 1973uperegte1 op sigself genoegsaam is om soos NP van Wyk Louw se Beiteltjie nie net 'n atoom nie, maar die planeet te splits, maar eendragtig, met 'n eenheid van doel & wil, kan ons gesamentlik nie 'n oerknal nie (want dít is destruktief), maar 'n skeppingsfusie veroorsaak, waaroor NP van Wyk Louw gedroom het:

O Wye en Droewe Land 

O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit 'n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafnis;

eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om 'n ander diens soos knegte jou verlaat.

Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou 'n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;

'n grootsheid van so 'n suiwer glans,
dat mense in 'n verre land
wat van jou naam die melding hoor,
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
op uit jou see se wit gevaar?

Ongelukkig herinner ek my nie 'n Herman Potgieter in Pearson nie, maar miskien kan Theo Potgieter help.
Ek onthou wél vir Herman Keyter wat ek dink saam met my in Sondagskool in PE-Wes was en jy?

Groete 

Petrus

No comments:

Post a Comment