Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Monday, June 22, 2015

1 OWAMBO BATALJON/35 BATALJON/101 BATALJON

Ek publiseer die volgende bydrae uit 'n ander forum ook híér in die belang van die boekstawing van geloofwaardige herinneringe oor die bosoorlog.


My 5 sent vir die naweek. Soms murmereer ons oor hoe jonk ons was, maar kyk die gesigte, hul was net so jonk. Die groot verskil was hulle het teen hul broers, ooms, neefs skoolmaats en eie stamlede baklei, VIR ONS. Hul naweek en 7 dae paste was nie in n veilige dorp in die states geneem, nee, hulle het na hul kraal/ huis gegaan waar daar baie gevoellens was, en tog het hulle volhard. Baie blanke seuns kon by die huis bly omdat hierdie manne in die voorste lyn diens gedoen het nie vir n drie maande bos trippie nie, maar vir n minimum 2 jaar kontrak. Na my mening het hulle nog nooit genoeg erkenning of dank ontvang, Dit was n Eer en n Voorreg om met die soldate te dien.
  • 321 people like this.
  • Gavin Almeida Respect.
  • Alfred Shelver Aaaaamwn, respect!!!
  • Johan Jacobsz Sal interesant wees om te weet waar hulle vandag is.
  • Paul J Murphy Brothers in Arms.
  • Johan Cronje Johan Jacobsz ek het die voorreg gehad om met Karel Njoba op fb te gesels, van die ouens is in die NDF opgeneem, maar ja die meerderheid van hul is uitgewekenes, en word behandel soos ex koevoet veterane,
  • Thinus Coetzee Naand. Ek is te jonk om die vooreg te gehaad het om in destydse SAW te dien. Ek het wel in 2002 angesluit en was in die Infantry vir amper 4 jaar. Daarna na ek niks bevorddring gekry het nie het ek maar myself uitgekoop(R23). Ek het nou die vooreg om saam 2 ou Koevoete te werk, waar ek nou is. Respek vir daai manne en natuurlik al die Soldate.
  • Willem Ratte Mooi gese, Johan.
  • Johan Cronje Dankie Willem Ratte is n teer puntjie, soos jy oor jou manne ook voel. Hulle is my broers, nes my blanke troeppe was.
  • Liesl Human Parkin Salute to all SWAGM/ SWATF .
  • Rod Keyser Goed gesê. Partykeer voel dit ons het nie waardering vir dit wat hulle moes deurmaak.
  • Leon Stapelberg Ons was ma almal jonk en gedwing weens landswette
  • Dawid Jacobs Het nou seker 10 keer iets probeer skryf,maar kon die reg kry, hopelik......wanneer jy glo in jou waarheid binne jou en jy glo jy moet daarvoor baklei met elke greintjie geregtheid in jou, dan mag jy. Jy mag en is bereid om te sterf daarvoor, dan ennet dan, is jy bang vir niks en niemand. Jy is dan reg......dis waar
  • Andre Mentz Respek dapper soldate 'vooreg om met hullesaam te gewerk het daar
  • Johan Cronje Leon Stapelberg nie een van daardie jong Owambos was daar agv n wet, met elke inname terwyl ek daar was het honderde van hulle tou gestaangereed om vrywillig deel van die eenheid te wees. Met my laaste inname waar ons 120 gesoek het was daar 1500 om vanuit te kies.
  • Christo Wolf Pelser Respek broer! Ek het nog altyd geglo dat jy aan 'n man (maak nie saak wie of wat hy is nie) die eer moet gee wat aan hom toekom.
  • Zane Beswick Well put Johan respect
  • Pieter D Zeeman Thanks Willem, now we all have respect for all us young Troepies that did their Nat. Service in our "Weermag" whatever you did, some one yr, some two yrs and some crazy ones like me three yrs. Some in the SAAF, some were Vlooties, but most in the Army and yes some were in the Bats, 32, 61, SAI's, spec forces, Recces etc but blikemmer we all did contribute and I recon its time the elite boys accept that, that without the rest there could not have been those great Ops's that they participated in. Ja, even the naughty ones made our Army days memorable ones. Salute to all, what great memories -----
  • Tinus Sandra Van Reenen Stem trots op hulle
  • Harry Hey Johan Cronje, dit was nou mooi geskrywe, en ook die waarheid!!
  • Alan de Lange Ja absolute twak. Hulle het nie hulle ooms, neefs en what not baklei nie hulle het n vyand baklei net soos ons. Die verskil was hulle het n keuse gehad waar afrikaner seuns nie n keuse gehad het nie. Liberale snert.
  • Christo Wolf Pelser Is dit nou nie juis die feit dat hulle 'n keuse gehad het en nog steeds gekies het om dit VRYWILLIG te doen hulle opoffering en bydra soveel meer as die wat "GEFORSEER" is om dit te doen nie? Of redeneer ek nou verkeerd?
  • Ralf Iskra As jy vir jou lank veg!!! Het jy eer en respek gekry!!!
  • Rod Keyser Wonder maar net hoeveel van ons vrywillig sou gaan.
  • Buks van Niekerk Pieter, I must say, I am one of the so called "elite boys" you refer too.. There is definitely a pride in these units that might be more visible I suppose. I however, have never come across any of the men and operators in these units that still doesn't have the deepest appreciation, thankfulness and respect for anyone in the service. Colour or creed, paymaster, post tiffie to cook etc.. 

    Believe me, it is in the weeks/ months behind enemy lines that your realise the worth of every individual in the machine in which we operated. Salute to all and yes, off course the competition and the bantering wil be there and will remain.. I mean, dammit..No Unit is better than your Unit right..!? grin emoticon
  • Buks van Niekerk Alan, daar is 'n groot verskil tussen liberale snert en feite.. Daar was menige gevalle gewees waar hierdie soldate/makkers nie na hul tuis villages kon terug keer nie omdat hulle vervolg so word deur hulle eie mense... interessant dat baie van 32 se manne nie kon terugkeer na hul eie land toe na na '94 nie... Met jou feit dat hulle volunteers was, le jy eintlik klem om die feit hoe gemotifeerd hulle was. Ja, dit is 'n gegewe feit dat meeste van hulle beroeps soldate was. en dat dit hulle 'n vaste salaris. en byvoordele vedriend het. Feit is, daar was van hulle wat dieselfde lug met kruitreuk ingeasem het as ek en wat ek dit enige tyd mee weer sal doen.. en daar is die individue wat ek op 'n afstand nie weer sou wou sien nie... En weet jy wat..? Selfde het gegeld vir van my wit broers... Feit is.., as die koêls sing en die RPG's vlieg, spring jy met liefde. in dieselfde loopgraaf en drink uit die selfde waterbottel, sonder om die prop af te vee..
  • Ben Botha More Johan ek stem saam was bevoorreg om deel te gewees het van 101 bn en hulle is nogsteeds n groep spesiale manne
  • Nicky Hiles Onder die Boshoed was ons almal eenders, ons wat van die "Plaas" af gekom het was gewoond om met anderskleurige maatjies te speel, net nou in die bos het ons saam gebaklei, eet, slaap en patrollie geloop, daar was geen rassisne op die grens gewees nie, saam baklei en saam gesterwe
  • Hennie Gibson Ja moet dit nie spesiaal maak nie ons was een. so los die snert vir n ander geleentheid.
  • Leon Rautenbach Ons het hulle gaan keur vir opleiding in Okahandja, Walvis toe gevat en opgelei by D-Eskn. Sommige kon nie met n mes en vurk eet nie, het nog nooit warm klere of skoene gehad nie. Dit was n groot taak om alles wat hulle moes leer reg te kry. Maar na 8 maande kon hulle saam met enige ander ras en kleur grens toe en hulle sou nie daar as die " uitgeworpendes " gesien gewees het nie. Soos iemand geskryf het - jy drink uit dieselfde waterbottel, eet uit dieselfde bord. ek het groot respek gehad vir die wat ek van dag 1 opgelei het en die laaste dag as hy uitklaar gegroet het. My getuie in die saak is Generaal Lawrence Smit.
  • Ben Botha Hennie Gibson ek wonder nou maar net ,Wat is die Snert waarna jy verwys ?????
  • Danie Smit Ek het ook diens met 101BN en 202BN gedoen, het ook n oud Swapo in ons span gehad, daar was baie goeie soldate , het nie gehuiwer as ons spoor gejag het nie, en ons was goeie kamerade. Saluut.
  • Liesl Human Parkin Danie Smit ek het vir jou n pm gestuur
  • Paul Hickman Als goed en wel,,,maar tye het verander,,,ek wonder of hul so trots op hul wit kamerade is,,,
  • Ben Botha Dit is n groot vraag daai Paul
  • Hennie Gibson My vriend ons se te maklik ag siestog as dit na hulle kant toe gaan, luister jou radio lees die koerante en daarvoor is ons nou ook g.. vol, hierdie is maar net n realiteit van die verlede en ek val niemand aan ek vermaan net.
  • Ben Botha Hennie ons het glad nie met R S A mense gewerk nie en ek sal eenigge tyd dit wat ek gedoen het oor doen , en as dit wat met hulle vamielies gebeur het met jou gebeur het sal JY n ander wysie sing , een voorbeeld soos Gen Karel Njoba
  • Marthinus Nel Beste Leon Rautenbach, ek weet nie van watter jaar jy hierbo praat nie, maar my goeie kameraad, wat 'n lid was van hierdie driemanskap:https://af.wikipedia.org/wiki/1_Owambo_Bataljon, is van mening dat, in die belang van historiografiese korrektheid, alles - net soos in die lewe oor die algemeen - nié so eenvoudig en/of swart-en-wit was by 1 Owambo Bataljon/35 Bataljon/101 Bataljon soos die meeste bydraes hierbo te kenne wil gee nie.
    2RAB (Tweede Regiment Algoabaai) onder bevel van kommandant Robin Field het opdrag gekry om in die tweede helfte van 1977 vir drie maande lank die verantwoordelikheid te aanvaar vir 'n bepaalde subsektor (met hoofkwartier te Okotope) van sektor 10 in die operasionele gebied.
    AF.WIKIPEDIA.ORG
  • Hennie Gibson Ben 100%, eks 25 jaar in SA, was daar en weet wat jy bedoel maar ons gaan nie meer siestog se nie, ek was n PTI in my geboorte en groot word dorp Walvis.
  • Ben Botha Marthinus wil net n regstelling maak ons hoofkwartier was nog nooit op Rundu nie maar op ondangwa en ons bevel voerder was oom Willem Welgemoed wat ons bond se ere lid is
  • Paul Hickman Ons het hier in SA te doen met n mens met n ander temperament as die van daai tyd en die verder noord,ek het n jaar in die Congo gewerk in 2006 en hul het n ander temperament as die arrogansie ens hier by ons,ek het gister deur die ooskaap gery,,en 2 keer is ek uit gesonder deur dat n hand in die form van n pistool na my gemik is,,,ek let op in die klas,,,elke dag.
  • Marthinus Nel Ben Botha, is jou bydrae aan mý gerig - indien wél, waarom?
  • Hennie Gibson Ben en almal ek gaan afstaan, ek het julle gesprekke absoliet genuut dit was hoogtyd dat ons moes koppe stamp dit was sinvol, dit verander mens se perspektief al krap dit, DANKIE ouens
  • Marthinus Nel Paul Hickman, dit wat jy hierbo skryf van "... n hand in die form van n pistool na my gemik is...", is onbeperk ontstellend en is onteenseglik 'n teken van die tye.
  • Hennie Gibson OUENS as julle verskil ,asb in n goeie gees en as julle lekker verskil onthou ons lees dit en dit bring perspektief.
  • Ben Botha Nee Hennie nie op jou nie maar ons het baie Slange in ons eie nasie
  • Howard En Reinell Russo Stem saluut 101 bn was n drywer in die romeo mikes 6A was n eer im saam hulle te wees
  • Leon Rautenbach Marthinus Nel - Hierdie was 1986 by 2SAI D-Eskn, ons was SWATF leiergroep wat opleiding by Pantserkool in Bloemfontein was en toe na Walvisbaai om opleiding te gee aan swart / kleurling soldate in Pantser, so ook was daar 43 Battery wat ook hulle troepe daar gaan haal het. Ons troepe is na opleiding na 202 Bataljon en het meestal vanaf Nepara in wes Kavango opereer.
  • Johan Cronje Allan Alan de Lange BWHAHAHAHA Weet nie of ek moet lag of huil, liberale snert, dit is n eerste vir my dan,
  • Leon Stapelberg Ja Johan wat n pot snot, wat van ons zelf en ons eie kinders, kyk wat het ons het nu
  • Buks van Niekerk Ha! Leon.., what het jy nou ?
  • Leon Stapelberg Absoluut niks en jy
  • Buks van Niekerk Jong dis bitter jammer!!! Ek het darm nog iets! Hoop jy kry ook gou weer iets!
  • Leon Stapelberg Ni in di land waarvoor Ek 9 jare van My lewe moes op offer vir niks en uit verkoop is as n krimineel ni, hoop jou zwart ANC boeties het n standbeeld vi jo opgerig, n landsvlag en volkslieds gegee waarop jy kan trots wees, load shedding, potholes, korrupsieen Nkandla, welkom in di real World Buks
  • Buks van Niekerk Jah Nee ou Leon, die land gaan maar een rigting in ne.. Een ding wat wel positief is, is dat ons plannetjies kan maak. En steeds 'n lewe kan maak. Vir sommige ouens glo ek is dit moeilliker na gelang van omstandighede jip! Ek glo oon SA is net op een rigting oppad. Mens kan maar net 'n annalise doen ven die Geskiedenis van Afrika.. Ek glo lankal nie meer in 'n patriotiese paradigema nie.. Maar waarin ek we'll glo is di individu en die potensiaal van elkeen... Ek stem saam met jou mbt al die geroesmoes en incompetancy.. en ook die onregverdigheid daarvan.. Maar in die selfde asem, die lewe is 'n besluit.. somtyds damn moeilik... 'n Standbeeld vir my..? Hehehe.., ek twyfel... grin emoticon
  • Chris Snyman Johan cronje
    Moenie jou steur aan die kak wat die maatjies praat nie. Hulle was seker gom snuifers by een of ander nikswerd eenheid en wou ook graag vir iemand vertel hulle was GV's
    Wat ons doerie tyd gedoen het saam met bitter goeie en betroubare swar
    t troepe en swart kamerade soos oorlede Karel Njdoba will ek vir niks verruil nie. 
    Ek stem saam met jou daardie tyd was daardie tyd en dit was goed
    Nou is nou en n klomp ander sleg moere is nou in charge
    As ons mense nie saamstaan gaan ons almal ons gatte sien. So hou gesprekke uitmekaar wat uitmekaar hoort
  • Leon Stapelberg Gelukkig stem ons saam en vul di zelfde en ekt geen probleem met jou stelling in jo intro ni, Ek is en was trots op daai bruin gesiggies wat ons gehelp het en n verskil probeer maak het ni, geen kwade gevoelens ni, net vies vi di bulle se powere vertoning di jaar
  • Leon Stapelberg En as di bulle weer di supertitel wen, bou Ek vi jou daai standbeeld
  • Buks van Niekerk Ha! Dan moet jy maar solank die brons bymekaar maak ou maat! grin emoticon
  • Leon Stapelberg Jy kani ook n bul supporter wees ni,Sien eers amper rude en dan voels van eenderse vere
  • Marthinus Nel Beste Johan Cronje, my goeie kameraad herinner hom soos volg: Terwyl hulle in Aug - Sept 1977 verantwoordelik was vir die opleiding van die eerste inname Owambotroepe (waaronder Karel Njoba) by die administratiewe- en opleidingsbasis langs die lokasie by Ondangwa, was jy, kpl Charlie Slier, sers Willy Kruger, 2lt Ross en luit Rose saam met die "ou troepe", waaronder Martin Paulus, Johannes Grastus en Gottlieb by die operasionele basis te Mahanene.

    Van die enkele "ou troepe" wat in Ondangwa was, herinner hy hom o/kpls Isak, Johannes en 'n ander een nog goed, aangesien hulle net sowel swart ooms kon gewees het - die soort swartmans wat sy pa hom geleer het jy "outa" noem en met respek behandel, wat hy ook gedoen het, ongeag die feit dat hy in militêre rang hul senior was.

    Teen die einde van die drie maande grensdiens, is hy terug "States" toe waar hy as staatsaanklaer op Port Shepstone tot die "arbeidsmark" toegetree het en na enkele maande later as prokureursklerk op Potgietersrus begin het, om na ses maande te besef dat dié werk oor weinig meer gaan as om "fooie te skryf". Hy het sy bedanking ingedien en 'n jaar kortdiens aangesluit op voorwaarde dat hy kon teruggaan na 1 Ow Bn, maar dié het intussen al verander na 35 Bn.

    Wéér daar aangekom aan die einde van 1978, is hy nie weer as infanterieinstrukteur aangewend nie, maar moes as waarnemende KSM by sers Stolz, wat verplaas is, in Mahanene gaan oorneem.
    Hy het baie van die troepe van daardie eerste inname van vyftien maande tevore weer raakgeloop, maar die meeste van hulle het haas onhanteerbaar geraak en beide dissipline en verhoudings tussen hulle en die blanke personeel was problematies - om dit sagkens te stel.
  • Johan Cronje Martinus Marthinus Nel, wie is jou goeie kameraad, ek het baie fotos van daardie dae sou hy belangstel. Ek dink dit was die tweede of derde inname wat hy opgelei het, tydens die eerste inname was dit net Maj Snyders Jan Scoltz, Charlie en ekself as leier groep. Kpl Izak was n yster, soos n nie amptelikke RSM, en het daai jong klomp mooi in toom gehou. Toe ek Des 78 daar weg is moet ek eerlikwaar se ek het geen ongedissiplineertheid waargeneem nie. Ek het wel gehoor dat die wielle afgekom het, nadat Jan weg is Kpl Izak vermoor is ( deur SWAPO ) en natuurlik toe Willie ook weg is na 5 RR ( hoop my laaste stelling is korrek, dit is hoorse)
  • Manna Pieters Dis die manne wat vandag die land moes lei maar hulle is net soos ons veraai en in die rug gesteek en moet buig voor hierdie korrupte regering van ons.
    23 hrs · Like · 1
  • Marthinus Nel Beste Johan Cronje, ek het intussen weer met my goeie kameraad gesels en hy meen ek het al genoeg van sy inligting aan beide jou en Chris Snyman op die groep bekendgemaak, sodat verdere inligting nie nodig is nie. 

    Hy sê hy het einde Desember 1978 via
     Windhoek en Grootfontein alleen na Ondangwa gereis en meen dat julle mekaar net-net moes misgeloop het, aangesien hy kort ná nuwejaar '79 op Mahanene aangekom het, terwyl Jan STOLZ nog daar was.
    Daar was toe ook nog 'n Engelse dienspligdokter, wie se naam hy nie meer kan onthou nie en o/kpl André Willemse was saam met Serafin(?) die hoofsjefs. 
    Oom & tannie Booysie Booysen was aan bewind op die landbounavorsingstasie vanwaar bevoorregtes 'n dringende telefoonoproep "States-toe" kon maak - hulle nommer was destyds nog 'n plaasyn: "Ombalantu 1211".
    Die Engelse dokter is later vervang deur die dienspligdokter Frans Prins, wat tans op Thabazimbi-of-iewers, by 'n platinumkorporasie betrokke is en vroeg in Februarie het kapt André Meier basisbevelvoerder geword en nie lank daarna nie het sers AP van Wyk opgedaag om Jan STOLZ te vervang.

    Hy aanvaar die Willie na wie jy hierbo verwys, is Willie Snyders en nie Willy Kruger nie. Toe hy op 1 Julie 1979 skielik daar weg is, was Willie Snyders nog in bevel, maar toe hy maande later teruggegaan het, het hy nie weer "Die Majoor" gesien nie, ofskoon hulle 'n jaar-of-so later miskien nog twee keer telefonies met mekaar gesels het.
    12 hrs · Edited · Like
  • Hennie Gibson Buks ons sal vir hom n hulp op die been bring die tyd is te kort om die brons by mekaar te maak.
    13 hrs · Like
  • Dean Van Der Merwe i must be a liberal then ? one thing for sure these guys saw more combat that most nsm who served and in the end got the short end of the stick !
    13 hrs · Like · 3
  • Keith McMillan Mooi gesê my maat.
    13 hrs · Like
  • Johan Cronje Dankie Marthinus Nel, op die einde van die dag sal daardie eenheid en sy mense altyd n baie spesiale plek in my herinderinge volstaan.Dean Van Der Merwe agree, well said.
    5 hrs · Like · 1