Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, February 26, 2016

GEMATIGDHEID & EKSTREMISME

Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is nie eens gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat 'n hele geslag sonder protes sal verbygaan.

[Motto voorin Lojale Verset van NP van Wyk Louw, 1939]

Monday, February 8, 2016

AAN(D)KLANK

"From: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>
Date: 2016-02-04 21:22 GMT+01:00
Subject: VIR JOU AANDAG
To: Chris



_____________________________

"From: Chris
Date: 2016-02-05 17:52 GMT+01:00
Subject: Re: VIR JOU AANDAG
To: Petrus Potgieter <potgieter.petrus@gmail.com>


Hi Petrus,

Dankie hiervoor. Dis baie mooi. Selfs jy sal dit moet erken, dit roer 'n mens se siel.

Groete,

Chris"

_________________________________________________

..., maar die hart van onse vader
het geen legio aan wonings
die hart van onse vader
het net-net vier kamers
waarvan ek en jy 
steeds twee beset

wanneer my ventrikelsnare sidder
en heftig my gemoed beweeg
dan roer ook jou hart se snare
en broederlik vorm interferensies
jy in jou klein hoekie en ek (in) 

Tuesday, February 2, 2016

DIE LAASTE TESTAMENT

Op Vrydag, 7 Desember 2007 om 19h56 skryf Chris soos volg in die gasteboek van Petrus van Eeden se Heiligdom webwerf:

Baie van die inligting is bekend, dis egter interessant om alles so bymekaar te sien. Mense met 'n Roomse agtergrond sal dit minder vreemd vind vanwee die natuur-genade dualisme en die "gratia infusa" konsep in hul teologie. Hiervolgens word genade byna meganies in individue, gemeenskappe en kulture "gegiet" om hulle te akkommodeer in die genade kring. Die Reformatoriese tradisie dink meer wit/swart. Mense aanvaar verlossing deur geloof en innerlike verandering & vernuwing vind plaas. Daarom is die Gereformeerde Kerke se feesdae bv. sober en gestroop van tierlantyntjies. T.s.v. die ontwikkelingsproses het ons die Besondere Openbaring in Christus deur die "Roomse Moedertjie" ontvang en kan blymoedig glo!

...en op die volgende gasteboekbladsy antwoord ek hom só op Dinsdag, 24 Junie 2008 om 10:36:



DAG CHRIS (derde van onder af)

As ek my reg herinner, is daar destyds altyd in Calvinistiese Afrikanergeledere eerder ernstig as ironies gewaarsku: "As daar één gevaar is wat groter is as die 'Rooi Gevaar', dan is dit die 'Roomse Gevaar'".
Jou "blymoedige" verwysing na die "Roomse Moedertjie" laat 'n mens gevolglik ernstig twyfel aan die sukses van die Calvinistiese indoktrinasie in jóú geval...en dis jammer, want as daar nou één saak is waaroor hulle (ook) heeltemal rég was, dan was dit die eksistensiële gevaar van die Rooms Katolieke Kerk -- nié om enige teologiese, religieuse of kerklike redes nie, maar omdat die Roomse Rampokkers niks anders is nie as net dít: Rampokkers.

Hulle is waarskynlik die grootste klomp "heidene" wat vóórgee om Christene te wees, maar dit in die verste verte nie is nie. In dié verband is die Afrikaner Calviniste natuurlik weer tot die dood toe eerlik en probeer om 'n opregte inhoud te gee aan 'n religie wat by uitstek in sonde ontvang en gebore is.

Die RK² bedrieg dus in kwadraat: hulle gee voor om Christene te wees en vervolg die opregte heidene tot die dood toe en eweneens vervolg hulle diegene wat probeer om opregte Christene te wees.
Die Calviniste móg mislei gewees het in hul fundamentalisme, maar hulle was darem pynlik eerlik en dan weet ek vinnig waar ek mý kruisie trek...

Ek het op Sondagaand 24 Jan 2016 om 7nm (SA tyd) met groot aandag en belangstelling  na 'n baie belangrike gesprek tussen Die Ou Man(DOM), Jan Diederiks en Theuns Cloete op Boervolk Radio geluister en die gesprek wat ek gehoor het, het my bogenoemde standpunte nie net bevestig nie, maar geregverdig.

Die bedenklike aandeel van die Rooms Katolieke Kerk met die stigting, vestiging en uiteindelike rol van die Christendom in Europa kan nie oorskat word nie en die sogenaamde reformasie van die Protestante is nie die perkament werd waarop dit geskryf is nie - in die wêreld van die kerklike politiek het hulle hulself onomkeerbaar ontkieser en ontman:
in die huidige hegemonie van 1,2 miljard Rooms Katolieke in die wêreld, is 'n konfetti-versnipperde 800 miljoen Protestante van verwaarloosbare belang en indien 'n mens in gedagte hou dat dit doodeenvoudig dogma is van die Rooms Katolieke dat uitsluitlik lidmate van daardie denominasie Christene is en dus oor 'n monopolie beskik, dan wonder 'n mens waarmee mense, wat hulle self Protestante noem, hulle besighou...

Selfs die vermaledyde NG Kerk, met nog skaars 'n miljoen lidmate, glo steeds dat hulle deel uitmaak van die universele liggaam van Christus... terwyl selfs die Afrikaner nóóit bestaan het danksy die kerk nie, maar ondanks die kerk.
Indien 800 miljoen Protestante wêreldwyd uit die Rooms Katolieke Christelike boot val, wat ís hulle dan en indien daar in totaal so 'n 3 miljoen Afrikaners is wat hulle nog (altans nominaal) met die Christendom vereenselwig, wat is hulle in Gods naam..., want as gevolg van ons apartheidsalbatros is daar nie 'n gemeenskap in die bekende universum wat hulle met ons identifiseer nie, só, ons is op ons eie, of ons nou daarvan hou of nié - ons was, is en sal nooit deel wees van een of ander warm en gesellige wêreldwye godsdiensfamilie nie - die "Christendom" wat die Afrikaners bedryf, is 'n eiesoortige, partikuliere godsdiens...

Dis egter níks om depressief oor te raak nie aangesien ons ons by uitstek in 'n universum van partikularisme bevind - dis nie net dat die planeet waarop ons ons bevind die enigste in ons sonnestelsel is wat nié na 'n Griekse of Romeinse (mitologiese) god vernoem is nie, maar volgens alle wetenskaplike getuienis is die aarde die enigste in die heelal waar daar lewe bestaan, allesins soos ons die begrip "lewe" verstaan en wanneer 'n mens op sý beurt na die legio manifestasies van lewe op ons unieke planeet gaan kyk, dan word jy weer eens getref deur één, oorheersende veskynsel: uniekheid - 'n mens sou byna kon beweer die lewe spesialiseer in die manifestasie van enigheid sonder aansiens des persoons - nie net elke, individuele mens is uniek nie, elke blaar aan elke plant en iedere grasspriet is uniek... en wanneer ons "doodgaan", keer ons spreekwoordelik terug tot stof net om vroeër of later in dieselfde en/of 'n ander unieke vorm(s) te voorskyn te kom en vir ewig te lewe...