Joerie, joerie, botter en brood,
as ek jou kry, slaat ek jou dood

Friday, March 17, 2017

SKOPPENSBOER*

My goeie kameraad het onlangs die onderstaande bydrae op 'n GRENSOORLOG FaceBookgroep met meer as 40 000 lede geplaas en presies zero, zilch, nul kommentare daarop ontvang...as dít nie veelseggend is nie!




Ek wonder al lankal waarom walvisse en dolfyne so dwaas is, want hulle is veronderstel om so intelligent te wees:


...en die mens is die "kroon van die skepping":



Why didn't the Europeans oppose these Invaders? First off they were told they would be receiving women and children in much smaller number for Syria. But…

YOUTUBE.COM

LikeShow more reactions
Comment



...nou haal die "Christene" van Europa se sondes van die afgelope 2 millennia hulle ín en word presies dieselfde gewelddadige taktiek, metodes en strategie wat dié Asiatiese godsdiens ten opsigte van die destydse inheemse godsdiens van die Europeërs gebruik het, op hulle toegepas - die uiteinde is 'n uitgemaakte saak. 



...en dít ook nog (dankie my goeie kameraad):

http://www.independent.co.uk/news/world/europe/dutch-elections-netherlands-geert-wilders-freedom-party-turkey-fascist-no-difference-rallies-islam-a7632571.html

https://www.nytimes.com/2017/03/17/world/europe/erdogan-turkey-future-of-europe.html

Marthinus Nel "Belewe en Onthou"

Daar het ‘n doringboompie

vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos, doringstruikie,
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop, 
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom, 
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis – 
net een plek bly ‘n teken 
wat onuitwisbaar is.
,
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan, 
maar daardie merk word groter 
en groei maar aldeur aan.

TOTIUS (J.D. DU TOIT) (1877-1953)


Marthinus Nel "Wat ek hier gaan meedeel, is die geskiedenis van die volgende twee eeue.
Ek beskryf wat kom, wat onvermydelik móét kom:
DIE OPKOMS VAN DIE NIHILISME. Dit kan nou reeds vertel word, want die noodwendigheid sélf is hier aan die woord. Daar word reeds oo
r dié toekoms gepraat deur honderde tekens; dié noodlot kondig sigself oral aan; alle ore is al gespits vir dié toekomsmusiek. Die hele Europese beskawing beweeg al lank met gespanne pyniging, wat jaar na jaar toeneem, in die rigting van 'n katastrofe: onrustig, geweld(dad)ig, haastig; soos 'n rivier, wat na sy einde toe wil, onbesonne, wat báng is om te besin." 
Friedrich Nietzsche, 1901.





Marthinus Nel Moenie mý glo nie:

https://www.youtube.com/watch?v=prAVrVojDFM


Marthinus Nel Hier's die bewys:

https://www.youtube.com/watch?v=zEclL5-mKbc